Formule Een al hoe gewilderMarch 20, 2025

Formule Een het verlede jaar byna 90-miljoen aanhangers bygekry, hoofsaaklik uit China toe ‘n Grand Prix teruggekeer het vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie. Inligting deur Nielson Sports onthul 826,5-miljoen mense het die sport verlede jaar op renbane of aanlyn dopgehou, wat 12-persent meer was as in 2023. Dit sluit ‘n styging van 39-persent in China. ‘n Rekord-aantal van meer as 465 000 mense het verlede naweek se eerste Grand Prix van die seisoen in Melbourne, Australië, bygewoon. Die skouspel verskuif die naweek na Shanghai.