ECN se deregistrasie van NEFF is ‘n duur saakMarch 20, 2025

Die Namibiese Verkiesingskommissie moet net minder as 160 000 Namibiese dollar opdok vir die regskostes van die Namibia Economic Freedom Fighters na die party sy deregistrasie suksesvol in die Kieshof uitgedaag het. Regter Thomas Masuku het op 5 September verlede jaar die kommissie oor die vingers getik oor sy deregistrasie van die party en ‘n kostebevel uitgereik. Die kostes word vandag bepaal en die eis is afkomstig van Kadhila Amoomo se regsfirma. NEFF het een setel in die parlement ingepalm.