Dief van N$109m goue toilet wag op vonnisMarch 20, 2025
‘n Dief wat ‘n goue toilet by ‘n Engelse paleis gesteel het, is skuldig bevind en wag saam met ‘n medepligtige op vonnisoplegging. Die 18-karaat kunswerk was vir byna 109 miljoen Namibiese dollar verseker. Die ten volle werkende unieke toilet is uit Blenheim-paleis verwyder, die plek waar Brittanje se eerste minister tydens die tweede Wêreldoorlog, Winston Churchill, gebore is. Die kunswerk is voorheen in ‘n New York-museum uitgestal. Die museum het dit aan president Donald Trump gedurende sy eerste termyn aangebied nadat hy ‘n Van Gogh skildery wou leen.