Bayanda Walaza verbeter SA O-20 200m rekordMarch 20, 2025

Atletiek: Die tienersensasie Bayanda Walaza het gisteraand die Suid-Afrikaanse Onder-20-rekord in die 200-meter verbeter op AtletiekSA se Grand Prix-byeenkoms in Johannesburg. 2024 se Olimpiese silwermedaljewenner het die item gewen in ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 20,08-sekondes, 0,02-sekondes vinniger as Clarence Munyai se nasionale rekord van 20,10 in Maart 2017. Lucky Moleyane was tweede, met die voormalige Wêreldkampioenskap-finalis Luxolo Adams, derde. Walaza sê hy werk deurgaans om te verbeter.