Speaker Katjavivi, sewende parlement groetMarch 19, 2025

Namibië se sewende parlement het tot ‘n einde gekom. Dit is ook die einde van die termyn vir die speaker, professor Peter Katjavivi. Katjavivi het die amp sedert 2015 beklee. Voor dit was hy die kanselier van Nust en was ook stigters-visekanselier van Unam. Gedurende sy termyn as speaker is 157 wetsontwerpe goedgekeur. Katjavivi het sy afskeidstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer.