Reën veroorsaak chaos aan kusMarch 19, 2025
Die ongewone reën aan die kus is besig om opslae te maak, met vele strate wat oorstroom en gesluit is in Swakopmund en Walvisbaai. By Rossmund is 32mm gemeet sedert vanoggend en dit reën glo steeds. Erongo RED het aangekondig dat kragvoorsiening na dele van Vineta in Swakopmund onderbreek is en hulle werk dringend om dit te herstel. Ook in Swakopmund is Dr. Schwieteringstraat in Vineta Noord gesluit weens oorstromings. Uit Hentiesbaai word berig dat sand onder huise uitgekalwe word by die strand. In Walvisbaai het die reën bedaar en dele van die ligte industriële gebied in Theo-Ben Gurirablaan is oorstroom.