Oponona-meer in noorde weer vol na goeie reënMarch 19, 2025
Na broodnodige reën in die noordelike streke, is die Oponona-meer weer vol. Verlede jaar was die meer drasties laag en water moes deur die landbouministerie daarin gepomp word. Die meer, geleë in Uuvudhiya ongeveer 70km van die Etoshapan, is die grootste meer in die Cuvelai-opvanggebied en ‘n belangrike waterbron vir vee. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling, het sy blydskap gedeel.