Georgië wil Wallis in Sesnasies vervangMarch 19, 2025

Rugby: Georgië se hoofafrigter, Richard Cockerill, wil hê sy span moet teen Wallis speel om te bepaal wie die sesde span in volgende jaar se Sesnasieskompetisie moet wees. Die Walliesers kon die tweede agtereenvolgende jaar nie ‘n enkele wedstryd wen nie. Cockerill, wat in die 1990’s 27 toetse vir Engeland op haker gespeel het, glo sy span is goed genoeg om op Europa se hoogste vlak te speel nadat hulle die Rugby Europa-kampioenskapstitel die agtste agtereenvolgende jaar verower het. Georgië het Wallis in 2022 in Cardiff geklop.