Fonds op pad vir aangehoudenes om borgtog te kan betaalMarch 19, 2025
Die Geregtelike Inspektoraat van Korrektiewe Dienste, gaan met die ondersteuning van die Berthasentrum, ‘n borgtogfonds bekendstel om aangehoudenes te help wat nie borgtog kan bekostig nie. Meer as 2 600 verhoorafwagtende gevangenes bly agter tralies omdat hulle nie borgtog van minder as 1 000 Suid-Afrikaanse rand kan betaal nie. Regter Edwin Cameron het aan Newzroom Afrika gesê die fonds beoog om armoedsgedrewe aanhouding en samedromming aan te spreek. Hy beklemtoon die insiatief se onafhanklikheid, en die fokus op lae-risiko oortreders met onbenullige oortredings.