Puttoilette-uitwissing vorder, maar daar’s steeds kommerMarch 18, 2025

Die Vereniging vir Staatsdiensamptenare sê hy erken die reusevordering met die uitfasering van puttoilette. Die Basiese Onderwys-minister, Siviwe Gwarube, het verlede week gesê die Sanitation Appropriate for Education-inisiatief het daarin geslaag om meer as 93-persent van geïdentifiseerde puttoilette in openbare skole oral in die land te verwyder. Claude Naiker van die vereniging sê hy is bekommerd dat die departement die spertyd van 31 Maart gaan misloop om alle onveilige sanitasiegeriewe in skole te verwyder.