Nersa keur 12,74% vir Eskom goed March 18, 2025

Suid-Afrikaners kan skerp stygings in kragtariewe verwag en Eskom se regstreekse verbruikers kan volgende maand tot 12,74-persent meer betaal. Munisipaliteite sal ‘n verhoging van 11,32-persent deurgee vanaf 1 Julie. Die verhogings is deel van Eskom se strategie om goedgekeurde inkomste te verhaal en finansiële uitdagings die hoof te bied. Die energie-reguleerder Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê aandeelhouer-terugvoering is in ag geneem voor die verhogings goedgekeur is wat huishoudings, sake-ondernemings en munisipale verbruikers sal raak: