Groot opwinding oor video van vier sneeuluiperdsMarch 18, 2025
Beeldmateriaal van vier sneeuluiperds op sneeubedekte kranse in die noorde van Pakistan, het tot groot opgewondheid onder natuurbewaarders gelei, aangesien hierdie skaars diere nie sommer gesien word nie. Sneeuluiperds is van die moeilikste diere om in die natuur te sien en die waarneming word beskou as ‘n suksesverhaal vir bewaringspogings in Pakistan. Die fotograaf wat die diere afgeneem het, Sakhawat Ali, het aan CNN gesê dit was ‘n ma en haar drie welpies. Sneeuluiperds word tans as “kwesbaar” aangedui op die Internasionale Unie vir Natuurbewaring se Rooilys vir Bedreigde Spesies.