Western Suburbs lewer verrasing in NRU premierligaMarch 17, 2025
Die Namibië Rugby-unie se reserwe- en premierliga het die naweek in Walvisbaai, Rehoboth en Windhoek afgeskop. Die grootste verrassing was Western Suburbs se 24-22 tuisoorwinning teen verlede se verloorder-finalis Unam. Op die Dr. Lemmer-skoolveld in Rehoboth het Wanderers vir Reho Falcon met 61-23 oorweldig. Die Kudus het op Walvisbaai 55-7 met Dolphin afgereken om die Herbie Fransman-beker vir die tweede jaar te wen. Die beker is verlede jaar ingestel om ‘n voormalige Kudus-legende te vereer.