Russiese tiener klim vyf plekke op tennis-wêreldranglysMarch 17, 2025
Tennis: Die Russiese tiener Mirra Andreeva het met vyf plekke tot sesde op die wêreldranglys gevorder nadat sy gister die Indian Wells-meestertoernooi gewen het. Die 17-jarige het in die eindstryd met die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, afgereken nadat sy nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, in die halfeindronde uitgeskakel het. Die Amerikaners Coco Gauff, Jessica Pegula en Madison Keys is onderskeidelik derde, vierde en vyfde. Die Italianer Jasmine Paolini het teruggesak tot sewende, gevolg deur Elena Rybakina van Kazakstan, Winwen Zheng van China en nog ‘n Amerikaner, Emma Navarro.