OPM verduidelik die storting van mieliemeel op Otavi March 17, 2025

‘n Video van sakke vol mieliemeel op ‘n Otavi-stortingsterrein wat die naweek opspraak op sosiale media gewek het, is nie deur die regering weggegooi nie. Die Kantoor van die Eerste Minister sê die mieliemeel was in die besit van die verskaffer en is in ‘n pakhuis deur die reën bederf. Ingevolge gesondheidsregulasies moes die verskaffer daarvan ontslae raak. Die mieliemeel is nie geskik vir gebruik nie en mense moet dit nie eet nie. Die regering se droogteverligtingsinisiatief duur tot 30 Junie vanjaar.