Jack Draper vat Indian Wells March 17, 2025
Die Britse nommer een, Jack Draper het die Deen, Holger Rune, geklop om die grootste titel van sy loopbaan, die Indian Wells Meesters, te wen. Die 23-jarige Draper het in slegs 68 minute met 6-2, 6-2 gewen om sy eerste ATP 1000 Meesters-titel op te raap. In die vroueafdeling het die 17-jarige Rus, Mirra Andreeva, haar tweede agtereenvolgende 1000-titel behaal nadat sy die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, in die eindstryd verslaan het. Draper sê hy is trots op sy prestasie: