FNB, ASBN-alliansie wil globale handelsbande versterkMarch 17, 2025
FNB Namibia het ‘n strategiese alliansie met die Africa Scotland Business Network van stapel gestuur om korporatiewe groei en internasionale samewerking te bevorder. Die samewerking het ten doel om nuwe ekonomiese geleenthede vir Namibië oop te maak en ook globale handelsbande te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kirsty Watermeyer, FNB se kommunikasies-bestuurder, wat uitbrei.