DRK, M23 ontmoet môre in LuandaMarch 17, 2025
Die Demokratiese Republiek van die Kongo sal môre ‘n afvaardiging na Angola stuur vir samesprekings wat daarop gemik is om die konflik teen Rwandese-gesteunde rebelle in die ooste op te los. Angola het verlede week gesê direkte vredesgesprekke tussen die Kongo en M23-rebelle sal op 18 Maart in die Angolese hoofstad Luanda begin. President Felix Tshisekedi, wat altyd dialoog met M23 uitgesluit het, het sy posisie verander ná ‘n rits nederlae aangesien streeksteun vir die Kongo afgeneem het.