Bulle verwelkom Leinster Saterdag op LoftusMarch 17, 2025
Rugby: ‘n Naelbytstryd word Saterdag op Loftus verwag tussen die Bulle en die voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, Leinster. Die spelers het twee dae gelede reeds aangeland om aan die dun Hoëveldse lug gewoond te raak. Leinster het nie sy toergroep aangekondig nie, maar die Springbokslot RG Snyman en die All Black Jordie Barrett is vermoedelik ingesluit. Sestien spelers van Leinster het Saterdag vir Ierland gespeel in die Sesnasieswedstryd teen Italië en daar word nie verwag dat hulle na Suid-Afrika sal reis nie.