Bibi wil hoof van intelligensiediens verwyderMarch 17, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, wil die hoof van die Shin Bet-sekerheidsdiens, Ronen Bar, verwyder en sê dis nodig om die land se oorlogsdoelwitte in Gaza te bereik. Shin Bet is Israel se plaaslike intelligensie-agentskap. Die eerste minister het die agentskap dikwels gekritiseer en die blaam vir sekerheidsbreuke wat Hamas se aanval op 7 Oktober 2023 moontlik gemaak het, op sy leiers geplaas. Meer as een-duisend-200 mense is in die aanval dood. Netanyahu sê sy wantroue in Bar het tot sy besluit gelei.