ActionSA dien weer wetsontwerp oor kabinetsvoordele inMarch 17, 2025

ActionSA sê hy het weer die Wetsontwerp op die Besnoeiing van Kabinetsvoordele ingedien, wat die eerste stap is van sy hervormingspakket vir die kabinet. Leon Schreiber van die DA het dit oorspronklik in 2023 ingedien, maar dit het verval en is nie weer ingestel nadat die party deel geword het van die regering van nasionale eenheid nie. Alan Beesley van ActionSA sê die wetsontwerp sal onbeheerste en verkwistende uitgawes beperk en die president se eensydige beheer oor die ministeriële handboek bekamp.