SA ambassadeur het 72 uur om Amerika te verlaatMarch 16, 2025

Suid-Afrika se uitgeskopte ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, is 72 uur gegee om die land te verlaat. Rasool se uitsetting volg op sy opmerkings tydens ‘n webinar gereël deur die dinksentrum, die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Hy het onder meer die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie beskuldig van rassisme en oppermagtigheid. Intussen het AfriForum gesê die voorval is ‘n bewys dat die ANC se diplomatieke dobbelspel misluk en die land en sy mense duur te staan sal kom. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, beklemtoon dat die ANC-leiers en Rasool, as ‘n ontplooide kader, direkte verantwoordelikheid moet aanvaar vir die diplomatieke flater: