Kaapse polisie sê nee vir AfrikaansMarch 15, 2025
Die Kaapse Forum is ontevrede oor die Noord-Kaapse SAPD se besluit om verklarings slegs in Engels te neem en noem dit ongrondwetlik. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die beleid, wat onderteken is deur die adjunk- provinsiale kommissaris, Luntu Ngubelanga, is teenstrydig met die Grondwet en die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale. Pieters waarsku die besluit diskrimineer teen Afrikaanssprekende gemeenskappe en kan tot vertaalfoute lei. Hy kritiseer die stap en sê dit is toondoof en skadelik vir geregtigheid.