NRU-Premierliga skop die naweek afMarch 14, 2025

Die Namibië Rugbyunie se Premierliga begin die naweek met wedstryde in Walvisbaai, Rehoboth en twee in die hoofstad, in Olympia en Khomasdal. Die verdedigende kampioene Wanderers begin hul veldtog in Rehoboth teen Reho Falcon, terwyl Kudus in Walvisbaai hul Swakopmundse bure Dolphin die stryd aansê. Western Suburbs speel in Khomasdal teen Unam, verlede jaar se verslaande finalis. En United wag die immer mededingende Grootfontein in op Gemsbokpark in Olympia.