Harry Brook vir 2 jaar uit IPL geskors na hy weer onttrekMarch 14, 2025
Krieket: Die Engelse kolwer, Harry Brook, is vir twee seisoene uit die Indiese Premierliga geskors nadat hy weer aan die winsgewende T20-kompetisie onttrek het. Die 26-jarige het verlede jaar se weergawe vir Delhi Capitals misgeloop na sy ouma se dood. Hy het vroeër die maand die span in kennis gestel dat hy tyd nodig het om te herstel ná die besigste tyd van sy loopbaan. Die IPL sê die skorsing is deel van ʼn beleid waaroor elke speler ingelig word voordat hy vir die jaarlikse veiling registreer.