SA begroting ‘ignoreer studente in krisis’March 13, 2025
Die Studenteforum sê duisende studente kan nie toegang kry tot gehalte hoër onderwys nie weens finansiële beperkings, maar die finansminister, Enoch Godongwana, het verkies om die krisis te ignoreer. Die minister het gister ‘n hersiene begroting in die Parlement ter tafel gelê. Nhongo Solo van die forum sê baie studente kan nie onderrig, verblyf of leerbronne bekostig nie, wat lei tot hoë uitvalkoerse en hulle toekomstige ekonomiese geleenthede beperk.