Jy sal dalk môre se maansverduistering kan sienMarch 13, 2025
Die totale maansverduistering sal môre plaasvind met die Aarde wat perfek in lyn sal wees tussen die Son en die Maan, wat veroorsaak dat die Maan deur die Aarde se skaduwee beweeg. As gevolg hiervan sal die Maan ‘n rooi voorkom as gevolg van die verspreiding van sonlig deur die Aarde se atmosfeer. Dit word dus ‘n “bloedmaan” genoem. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam gesels, wat verduidelik wat ons sal sien.