Wêreldleiers verwelkom Oekraïne wat instem tot skietstilstandMarch 12, 2025

Wêreldleiers het Oekraïne se besluit verwelkom om ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n 30-dae skietstaking met Rusland te aanvaar. Die Franse president Emmanuel Macron het die vordering verwelkom, maar hy sê Kiëf benodig stewige sekerheidswaarborge vir enige skietstaking. Die Britse eerste minister, Keir Starmer sê dit is ‘n belangrike oomblik vir vrede in Oekraïne. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas sê dit is nou Rusland wat moet wys hy is gewillig om vrede te handhaaf: