Verminder staatsondernemings se koste, sê IMFMarch 12, 2025

Die Internasionale Monetêre Fonds sê om Suid-Afrika se finansiële volhoubaarheid te beskerm, is ʼn meer ambisieuse fiskale bestendiging nodig om skuld te verminder. Die finansminister, Enoch Godongwana, sal vandag sy begrotingsrede lewer. Die IMF se verteenwoordiger in Suid-Afrika, Tidiane Kinda, het Dinsdag by ʼn webinaar gepraat wat deur die Mapungubwe Instituut vir Strategiese Besinning aangebied is. Hy stel voor die regering verminder staatsondernemings se bedryfskoste deur hervormings.