S&T vir staatsamptenarie is verdubbel March 12, 2025
Die verhoging in S&T vir staatsamptenare is steeds in die nuus. Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister I-Ben Nashandi het dit aangekondig maar nie die syfers bekend gemaak nie. Vanoggend berig The Namibian dat die sekretaris van die kabinet en uitvoerende direkteurs se tarief verhoog is van 969 en 899 dollar daagliks, na 2 500 en 2 300 dollar daagliks. Normale staatsamptenare sal 1 780 dollar daagliks ontvang. Die regering het 506 miljoen dollar vir die huidige boekjaar vir S&T begroot. S&T is oop vir bedrog en staatsamptenare gereeld baklei oor wie sal reis.