Gryslys: Volgende oorsig is in MeiMarch 12, 2025
Namibië gaan voort om vordering te maak met die aanspreek van die strategiese tekortkominge wat in sy Finansiële Taakmag-aksieplan geïdentifiseer is na aanleiding van sy gryslys notering op 23 Februarie verlede jaar. Die land het op 7 Maart sy tweede vorderingsverslag ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, gesels, wat ‘n opdatering verskaf het oor Namibië se vordering.