Graaninvoere sal 333 000 ton bereikMarch 12, 2025

Namibië sal na raming 333 000 ton graan vir die 2024-25-bemarkingsjaar moet invoer. Die Voedsel- en Landbou-organisasie sê 105 000 ton koring, 22 000 ton rys en 206 000 ton growwe graan, wat vir byvoorbeeld voer benut word sal moet ingevoer word. Dit kom omdat binnelandse graanbeskikbaarheid na verwagting 105 000 ton sal bereik terwyl totale graanbenutting op 438 000 ton beraam word. Dit beslaan voedselverbruik wat 344 000 ton uitmaak. Intussen sal nie-voedselgebruike, soos veevoer en industriële doeleindes, na verwagting 91 000 ton verbruik.