Zim se Kirsty kan dalk Bach by IOK vervang March 11, 2025
Olimpiese Spele: Afrika se mees bekroonde Olimpiese atleet, Kirsty Coventry van Zimbabwe, glo sy kan die volgende president van die Internasionale Olimpiese Komitee word. Die 41-jarige het sewe Olimpiese medaljes in swem verower tydens haar glorieryke loopbaan. Sy het later ‘n administrateur geword en dien al 12-jaar op die IOK. Coventry is tans haar land se minister van Jeug, Sport, Kuns en Ontspanning. Sy word gesien as een van die gunstelinge om Thomas Bach van Duitsland te vervang wanneer die IOK later die maand in Griekeland stem.