Rugby: Ierse spelers sping dissiplinêr vry March 11, 2025
Die Sesnasies-organiseerders weier om te voldoen aan Frankryk se eis dat twee Ierse spelers voor ‘n dissiplinêre komitee gedaag word oor hulle optrede in ‘n losgemaal wat die Franse kaptein, Antoine Dupont, vir verskeie maande op die kantlyn gelaat het. Hy het ‘n ernstige kniebesering opgedoen toe Tadhg Beirne en Andrew Porter op sy been beland het tydens Frankryk se oorwinning van 42-27 in Dublin. Frankryk speel die naweek in Parys teen Skotland in die laaste ronde.