Oekraïne is wêreld se grootste wapeninvoerderMarch 11, 2025

Oekraïne is nou die wêreld se grootste wapeninvoerder, verantwoordelik vir 8,8-persent van invoere tussen 2020 en 2024. Dit is volgens data van die Sweedse organisasie, die Stockholm International Peace Research Institute. Amerika, die wêreld se grootste wapenuitvoerder, het byna die helfte van die wapens verskaf wat aan Oekraïne gelewer is, gevolg deur Duitsland en Pole. Rusland het tot derde ná Frankryk gedaal op die instituut se lys van wapenuitvoerders, verantwoordelik vir 7,8-persent van wêreldwye uitvoere. China en Duitsland is vierde en vyfde op die lys.