Man U se geld sou al teen Kersfees op gewees het – RatcliffeMarch 11, 2025

Manchester United se mede-eienaar, Jim Ratcliffe, sê die klub se geld sou teen Kersfees op gewees het as maatreëls nie ingestel is nie. ‘n Styging in sommige kaartjiepryse in die middel van die seisoen, wat onder-16s en pensioenarisse raak, en honderde werknemers wat afgedank is, is onder die maatreëls wat die klub getref het en wat gekritiseer is. Ratcliffe het aan BBC Sport gesê sy missie is om United die wêreld se mees winsgewende klub te maak en om dit te doen, moes moeilike besluite geneem word: