Beskikbare tegnologie verhoed botsings tussen skepe – kennerMarch 11, 2025
Dr. Stavros Karamperidis, die hoof van die Maritieme Vervoernavorsingsgroep, het met SkyNews gepraat oor die gru-botsing van ‘n olietenkskip en ‘n vragskip noord van Engeland. Daar is groot kommer oor besoedeling omdat die vragskip natriumsianied vervoer het en gebots het met ‘n vasgemeerde Amerikaanse olietenker wat brandstof vir die lugmag vervoer het. Karamperidis sê spekulasie is nou gevaarlik.