Joschko kry uitstel tot Junie in Dippenaar-saakMarch 10, 2025
Antonia Joschko se aansoek vir die uitstel van haar siviele saak teen Jandre Dippenaar, het geslaag. Die saak sal weer op 19 Junie hervat met ‘n statusverhoor om te bepaal hoe dit verder hanteer sal word. Dit was neergelê tot 20 Maart. Dippenaar het tans geen regsverteenwoordiging nie en dit is reeds ‘n geruime tyd ‘n uitdaging in die saak waar sy skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar en amper 715 000 euro eis na die ongeluk in Desember 2014. Dippenaar is reeds op 6 Desember verlede jaar gesekwestreer na ‘n aansoek deur PZN Panelbeaters. Hy dien tans sy vonnis van 15 jaar vir moord in Walvisbaai uit maar het appelleer daarteen.