IVP wil deportasie-wetgewing laat hersienMarch 10, 2025

Die IVP-leier Velenkosini Hlabisa sê wetgewing oor die deportasie van ongedokumenteerde immigrante moet hersien word. Hy het Sondag die hoofrede gelewer by die IVP in Gauteng se provinsiale raadsvergadering. Hlabisa sê hulle oorweeg om ʼn wetsontwerp by die Parlement in te dien om die proses om ongedokumenteerde buitelanders te deporteer, eenvoudiger te maak. Hy sê alhoewel hulle onwettige immigrante uit die land wil sit, is hulle nie xenofobies nie: