Boorgat nie geregistreer nie? Maak nou so…March 10, 2025

Dit is onbekend hoeveel van die rondom 150 000 boorgate wat in produksie is, wel op tyd, teen 28 Februarie, geregistreer is. Die dag was ‘n vakansiedag en die werkswinkels wat boere en boorgat-eienaars moes inlig is uitgestel as gevolg van die stigterspresident Sam Nujoma se afsterwe. Daar was beroepe op die lynminister om die tydperk te verleng maar, tot dusver, was daar geen aankondiging nie. Maar, boere kan steeds registreer, soos ministeriële woordvoerder Simon Nghipandulwa verduidelik.