Speurderskrisis lei tot 1,9 miljoen onopgeloste sakeMarch 9, 2025

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie is bekommerd oor die tekort aan speurders wat veroorsaak dat ‘n groot aantal sake onopgelos bly. Polisieminister Senzo Mchunu het bevestig die land sit met ‘n ernstige krisis oor speurders, met 1,9-miljoen saakdossiere wat uitstaande is. Die woordvoerder van Sapu Lesiba Thobakgale sê die agterstand word ook toegeskyrf aan oorweldigende sakeladings en salaristeenstrydighede. Hy vra meer speurders moet opgelei en aangestel word.