Nambaza logistieke park wil streeks-handelspoort wordMarch 9, 2025

President Nangolo Mbumba het die sooispit-seremonie van die Nambaza logistieke park in Walvisbaai waargeneem. Die fasiliteit van 150 000 vierkante meter is ontwerp om Namibië se logistieke kapasiteit in die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap te verbeter. Die logitieke spilpunt sal bestaan uit ‘n vragmotorhawe met ‘n brandstofstasie, 250 parkeerplekke, akkommodasie, ‘n gesondheidsorgfasiliteit en verskeie ander geriewe. Daar word verwag dat dit onder meer vervaardiging en uitvoerbedrywighede sal vergemaklik, wat Namibië se posisie as ‘n streeks-handelpoort sal versterk. Mbumba is aan die woord.