Trump herhaal leuen dat SA plase afgevat wordMarch 8, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het die leuen herhaal dat Suid-Afrikaanse plase afgeneem word. Hy het weer op sy Truth Social-platform vlugtelingstatus aangebied vir boere en hulle families wat vir veiligheid uit die land wil vlug. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die presidensie sal nie deelneem aan teenproduktiewe megafoon diplomasie nie. Hy sê die land streef na ‘n wederkerig-voordelige politieke, handels- en diplomatieke verhouding met die Trump-administrasie. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotzé, het intussen aan News24 gesê Trump se uitsprake stem nie ooreen met wat hy beleef nie.