Zelensky besoek SA volgende maandMarch 7, 2025
Die Presidensie het bevestig die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, besoek Suid-Afrika op 10 April. Die aankondiging volg ná ‘n gespanne ontmoeting tussen Zelensky en die Amerikaanse president, Donald Trump, wat ‘n tydelike opskorting van Amerikaanse militêre hulp aan Oekraïne, ter waarde van meer as een-miljard-dollar, veroorsaak het. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die besoek is deel van president Cyril Ramaphosa se vredespogings met Zelensky en die Russiese president Vladimir Putin.