Beroep op Schlettwein om boorgatregistrasies te heropenMarch 6, 2025
Daar heers groot kommer oor boorgatregistrasies wat op 28 Februarie voltooi moes wees. Die streekswerkswinkels daaroor en die nuwe Waterwet is egter gekanselleer na stigterspresident Sam Nujoma se dood, in opdrag van die kabinet en het eers Dinsdag, na die sperdatum vir registrasies hervat. Die 28ste was ook ‘n vakansiedag vir staatsamptenare. Die UDF-parlemenstlid Dudu Murorua het in die Nasionale Vergadering gevra dat die landbouminister Calle Schlettwein die registrasie-tydperk heropen.