Eenheidsregering moet druk op ANC plaas vir hervorming van ekonomieMarch 5, 2025
ActionSA het vennote van die regering van nasionale eenheid uitgedaag om die ANC se afhanklikheid van mislukte ekonomiese beleide te verbreek. Alan Beesley van ActionSA sê Suid-Afrika se ekonomie is steeds ver onder die gemiddeld van ontluikende markte, terwyl werkloosheid op 41,9-persent bly. Hy bepleit dringende hervormings, insluitend belastingveranderings en pro-groeibeleide, om verdere ekonomiese agteruitgang te voorkom en beleggersvertroue te herstel: