Oliepryse sal vanjaar laer neig – ekonoom

Die vooruitsig vir oliepryse lyk relatief stabiel vanweë voldoende aanbod en geopolitiese verwikkelinge. Ontleders verwag ‘n gemiddelde prys van 74 Amerikaanse dollar per vat Brent-ru-olie vir vanjaar, vergeleke met 81 dollar in 2024. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels.

Die nuus kom te midde van brandstofprysstyging vannag omdat heffings verhoog is.