Korrektiewe Diens-hoof verontwaardig oor negatiewe verslag
Die parlementêre staande komitee op buitelandse sake, verdediging en sekuriteit het ‘n verslag vrygestel oor die betreurenswaardige kondisie van polisieselle en korrektiewe fasiliteite, met die doel om die menseregte en waardigheid van alle persone te beskerm. Die verslag sê daar is ‘n dringende behoefte aan hervorming in die sektor, weens verswakte infrastruktuur in meeste streke wat besoek is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese Korrektiewe Diens se hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela.