Hyphen kyk na plaaslike inhoud-deling in groenwaterstof-bedryf

Hyphen Hydrogen Energy, in vennootskap met die Beleggings- en ontwikkelingsraad en die Kamer van Koophandel en Nywerheid, het ‘n geleentheid vir plaaslike inhoud-betrokkenheid in Swakopmund aangebied. Dit bied ‘n platform vir klein, medium en groot ondernemings om geleenthede in die groenwaterstof voorsieningsketting te ondersoek. As deel van hul landwye uitreik, sal die span van 14 Maart af hierdie verbintenisse in die noordelike streke voortsit en vanaf 27 Maart in Lüderitz. Hierdie sessies het ten doel om plaaslike ondernemings met moontlike verskaffersrolle te verbind, om ekonomiese groei en plaaslike deelname in die opkomende groenwaterstofbedryf te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ricardo Goagoseb, Hyphen Hydrogen Energy se segsman, oor hoekom die sessies belangrik is.