Duitsland wil weer militêre diensplig instel

Die konserwatiewes in Duitsland, wat die volgende regering gaan lei, sê die land moet vinnig weer verpligte militêre diensplig instel. Die hoof van die CDU/CSU-blok wat verlede maand die verkiesing gewen het, Friedrich Merz, het aangevoer Europa moet sy eie veiligheid verbeter in die era van Amerikaanse president Donald Trump. Die woordvoerder van sy middel-regse alliansie oor verdedigingsbeleid, Florian Hahn, sê Duitsland se opskorting van diensplig is nie meer geskik vir die huidige bedreigings nie. Hy sê hulle kan nie net toekyk hoe die wêreld om hulle onveiliger word nie.